Die Openbaring van God
Ons glo dat God Homself hoofsaaklik op twee maniere aan die wêreld geopenbaar het: (1) deur middel van Sy Seun, Jesus Christus, wat God se heerlikheid weerkaats en die presiese ewebeeld van die wese van God is (Heb. 1:1-3), en (2) deur die geskrewe en geïnspireerde Woord van God, die Bybel (2 Tim. 3:16). Die Heilige Gees het die profete en skrifgeleerdes in die Ou Testament, en die apostels in die Nuwe Testament, geïnspireer om ‘n akkurate openbaring van God aan die hele mensdom te skryf.
Al 66 boeke van die Bybel, en alles wat daarin opgeskryf staan, is deur God (deur die werking van die Heilige Gees) geïnspireer en vir die Kerk bewaar. Niks mag dus daartoe bygevoeg of daaruit weggeneem word nie, en alles is van gelyke waarde en belang vir die Kerk (2 Pet. 3:15-16; Open. 22:18-19). Die Bybel is onontbeerlik vir die kerk en voldoende om in alle aspekte van die lewe, geloof en oortuigings te onderrig. Dit het gesag omdat God dit tot stand gebring het en die boodskap van die Bybel tot vandag toe volkome en foutloos bewaar het. Alle boeke en geskrifte wat nie in die 66 boeke van die Bybel opgesluit is nie, moet as menslike geskrifte, wat nie deur die Heilige Gees geïnspireer nie nie, beskou en hanteer word (Luk. 24:44).

God
Ons glo dat God die volgende is:
- Liefde (1 Joh. 4:8, 16).
- Lig (1. Joh. 1:5).
- Gees (Joh. 4:24).
- Lewend en Waaragtig (1 Thess. 1:9; Joh. 14:6).
- Die Skepper van alles, behalwe van sonde (Gen. 1; Jes. 40:12, 22; Jak. 1:13; 1 Joh. 1:5).
- Onsigbaar en Ewig (1 Tim. 1:17).
- Almagtig (Open. 1:6, 8).
- Alomteenwoordig (Ps. 139:7-8).
- Alwetend (Heb. 4:13; 1 Joh. 3:20).
- Onveranderlik (Mal. 3:6; Heb. 13:8; Jak. 1:17).
- Goed (Eks. 33:18; Ps. 145:9; Mark. 10:18).
- Barmhartig and Genadig (Eks. 33:19, 34:6-7; Rom. 5:17).
- Jaloers (Eks. 20:5, 34:14; Fil. 2:10-11).
- Heilig (Lev. 11:44; 1 Pet. 1:15-16).
- Ongebonde en onbeperk (Ps. 115:3).
- Regverdig (Ps. 9:8-9).
- Selfbestaande, nie tot stand gebring of geskape nie; Hy bestaan vir ewig (Joh. 1:1; Kol 1:17).
- Hy versoek/verlei niemand nie (Jak. 1:13).
God is ywerig en aktief in die wêreld betrokke en Hy laat alles ten goede meewerk, volgens Sy goeie en onveranderlike wil (Rom. 8:28). He staan wel ook apart van die wêreld. Hy laat Sy heerlikheid aan die ganse wêreld sigbaar en bekend word deur alles wat Hy geskep het (Rom. 1:20; Ps. 19:1-6). Hy vergewe die sondes van die wêreld en beloon dié wat Hom soek. Hy vergeld en laat geregtigheid teenoor die goddeloses geskied (Eks. 34:6-7; Rom. 12:19; Heb. 11:6). Die Here ons God is die enigste ware God, en Hy moet aanbid (Ps. 29:2, 95:6, 99:5; Matt. 4:10; Open. 4:8-11; 7:11), gedien (Matt. 4:10; 1 Kor. 6:19-20; Heb. 9:14) en aan die hele skepping verkondig word (Matt. 28:19; Mark. 16:15-18; Hand. 1:8).
God openbaar Homself in die Bybel as drie-enig, en tog is Hy een Wese. Die Bybel leer vir ons drie hoof konsepte oor die Goddelike Drie-eenheid:
God openbaar Homself in die Bybel as drie-enig, en tog is Hy een Wese. Die Bybel leer vir ons drie hoof konsepte oor die Goddelike Drie-eenheid:
- God is drie persone: Die Vader, die Seun (Jesus Christus), en die Heilige Gees, (Joh. 1:1-3, 14:16, 16:7, 17:1-5; Rom. 8:27; 1 Kor. 12:4-6).
- Al drie persone is ten volle God (Gen. 1:1-3; Joh. 1:1-3; Heb. 1:1-3; Matt. 28:19; Hand. 5:3-4).
- Daar is slegs een God (Deut. 6:4; Jes. 45:21-22).
Ons is dus gekant teen die oortuiging dat daar slegs een persoon in die Godheid is wat verskeie “vorme” aanneem (Modale Monargianisme). Ons is ook gekant teen die idee dat slegs die Vader God is, en dat die Seun en die Heilige Gees nie God is nie (Dinamiese Monargianisme). Ons is ter selfdertyd gekant teen die idee dat daar drie gode bestaan (Triteïsme). Die Bybel leer ons duidelik dat elke persoon in die Godheid nié die ander is nie, dat al drie persone God is, en dat God een Wese is.
Die Mens en Sonde
Die skepping van die mens
Ons glo dat God die mens, man én vrou, gelyk in Sy eie beeld, en tog verskillend van die diere, geskape het (Gen. 1:26). God het aan menslike wesens ‘n gees gegee, en die vermoë om te redeneer, lief te hê en God te aanbid. God het die mens goed en geregtig geskape. God het in perfekte gemeenskap en eenheid met die mens in die Tuin van Eden (wat Hy as tuiste vir hulle geskep het) gewandel (Gen. 2; Matt. 10:28; Kol. 3:10).
Hy het aan hul opdrag gegee om oor die hele skepping te heers, om die aarde te bewerk, om vrugbaar te wees, te vermenigvuldig en die aarde te vul (Gen. 1:28). Hy het hul ook opdrag gegee om nie van die Boom van die Kennis van Goed en Kwaad in die middel van die tuin te eet nie. Tog het God vir hulle, in hul sondelose toestand, die vryheid van keuse gegee om Sy opdrag te verontagsaam, sodat hulle ook ten volle vry kon wees in hul gehoorsaamheid teenoor Hom (Gen. 2:17).
Die Sondeval
Adam en Eva het teen God gerebelleer en van die Boom van die Kennis van Goed en Kwaad geëet (Gen. 3). Gevolglik is die mens uit die Tuin van Eden verdryf en het hul in die fakulteite van die siel en die liggaam korrup en verontreinig geraak. Hulle is van die teenwoordigheid van God geskei, en dood, skuld en skaamte het in die wêreld ingekom. Die mens het onder ‘n ewige Goddelike oordeel gestaan (Rom. 3:9-20).

Hierdie korrupsie en sonde is deur middel van natuurlike geboorte sowel as wettigllik, aan alle opeenvolgende generasies oorgedra. Dit het aanleiding gegee tot die mens se onvermoë om God te behaag (in daad, gesindheid en natuur/aard). Die mens het ‘n slaaf van die wet van sonde en die dood geword. Die mense het ook teenoor God verantwoordbaar gestaan, elk vir hul eie sondes, en vir die oorspronklike sonde van die eerste Adam (Rom. 3:19-20, 5:12-14). Die mens is daarom ten volle van God afhanklik om vir Sy sondes versoening te doen (vgl. “Die Evangelie en Redding”).
Die Skepping van die Wêreld
Toe die wêreld oorspronklik geskep is, was dit goed (Gen. 1:31), maar dit is ook deur sonde geaffekteer (Gen. 3:17-18). God het die hele heelal, alle sigbare en onsigbare dinge, geskep. Hy het alle dinge deur Sy Woord, uit niks uit (ex nihilo), en apart van Homself geskep, om Sy heerlikheid, ewige mag, wysheid en goedheid te opebaar (Gen. 1; Ps. 19:1-6; Joh. 1:1-3). God is aktief in die wêreld betrokke. Dit staan Hom vry en Hy is by magte om in te gryp, om die skepping te herorganiseer, en om wonderwerke te verrig soos Hy wil (Eks. 7:14-14-31; Matt. 8:14-17; Heb. 2:4). Die Here hou die heelal deur Sy magswoord in stand (Heb. 1:3). Om hierdie rede glo ons dit is belangrik dat gelowiges God eerbiedig in die wyse waarop hulle met die skepping omgaan.
Engele & Demone
Ons glo dat engele en demone (immateriële geeste) geskep is toe die materiële heelal geskep is. Iewers tussen die skepping en die sondeval het sommige van hierdie geeste teen God gerebelleer. Ons glo dat engele God se wil uitvoer. Hulle is beide boodskappers en dienende geeste wat gestuur word om diegene wat verlossing ontvang het, ondersteunend te bedien. Engele kan ook in die krag van God se Gees waarsku, beskerm, verdedig, oorlog voer en vertroos (Gen. 3:24; Jes. 6:3; Eseg. 1:27; 1 Sam. 4:4; Ps. 103:20-21; 1 Thess. 4:16; Jud. 9; Heb. 1:14).
Aan die ander kant glo ons dat demone gevalle wesens is wat voorheen oor die heerlikheid van God beskik het, maar a.g.v. hul ongehoorsaamheid en rebellie teen God, hulle hemelse heerlikheid verloor het en ‘n gevalle toestand betree het. Hul missie en aktiwiteite is teen die wil van God gekant en in teenstryd met mense, veral die wedergebore heiliges van God (Ef. 6:12; 2 Pet. 2:4; Open. 12:3-4).
Jesus Christus – Die Seun van die Lewende God
Ons glo dat God die wêreld so liefgehad het, dat Hy, toe ons nog dood was in die sonde, gekies het om Sy Seun as ‘n offer na die wêreld te stuur om vir die sondes van die wêreld versoening te doen (Joh. 3:16; Rom. 3:21-25; Ef. 2:1-3; Heb. 10:12). Jesus is deur die krag van die Heilige Gees, uit die maagd Maria gebore, sodat die Skrif vervul sou word. Hy was sondeloos en die enigste aanvaarbare plaasvervangende offer wat vir die sondes van die wêreld versoening kon doen (Matt. 1:18-25; Heb. 4:15; 10:14, 18; 1 Pet. 2:22).
Jesus Christus is God wat vlees geword het, die ewebeeld van die wese van God. Hy het voor die skepping van die wêreld bestaan en is voor die grondlegging van die wêreld geskep en gekruisig (Joh. 1:1-3, 14, 17:5; Heb. 1:1-3; 1 Pet. 1:20). Hy is ten volle God en ook ten volle mens. In sy menslikheid was Hy in elke opsig net soos ons (Heb. 4:15-16). Hy het fisies aan die kruis vir ons sondes en die sondes van die wêreld gesterf (1 Joh. 4:1-6; Joh. 3:16; Matt. 27:32-44). Hy het toe fisies, deur die krag van God, uit die dood uit opgestaan en aan baie dissipels verskyn (Matt. 28; Luk. 24).
Hy het ná sy opstanding na die hemel opgevaar om aan die regterhand van God die Vader te gaan sit en vir ons voorbidding te doen (Luk. 24:50-53; Rom. 8:34; Heb. 10:12; 12:2). Hy sal weer op die wolke terugkom om oor die lewendes en dooies te oordeel. Die hele wêreld sal Hom sien en Hy sal sy heerskappy op aarde ten volle en finaal kom vestig (Matt. 24:29-30; Open. 1:7). Verder bevestig ons dat niemand die presiese dag of uur van Jesus Christus se terugkeer of die verheerliking ken nie, nie eers die engele in die hemel nie, ook nie die Seun self nie, maar net die Vader (Matt. 24:33-36, Mark. 13:29-32). Daarom is ons geroep om in getroue afwagting en gereedheid te leef, terwyl ons waaksaam en geestelik waaksaam bly terwyl ons op Sy koms wag.
Jesus is die Leidsman/Begin van ons geloof en Hy is God wat gekom het om die wêreld te red (Heb. 12:1-2). Alle gesag in die hemel en op aarde is aan Hom gegee en in Sy naam sal elke knie buig en elke tong bely dat Jesus die Here is (Matt. 28:18; Fil. 2:9-10).

Die Evangelie en Verlossing
Die Bybel leer ons dat die evangelie ‘n gebeurtenis is wat op ‘n spesifieke tydstip in die geskiedenis plaasgevind het met betrekking tot die lewe, dood en opstanding van Jesus Christus vir die verlossing van sondaars (1 Kor. 15; 2 Kor. 5:21). Ons glo dat terwyl ons nog dood was in sondes en oortredinge, God sy Seun as offer gestuur het om versoening vir ons sondes te bewerk (Rom. 3:25). God het geweet dat ons nie in staat was om onsself te red nie, en het gekies om geregtigheid en die ewige lewe as ‘n gratis geskenk aan ons te gee. Hierdie gratis geskenk moet deur geloof in Jesus Christus ontvang word (Rom. 4:23-25; Rom. 6:23; Ef. 2:5, 8).
Verlossing word dus nie deur enige vorm van menslike verdienste verkry nie, maar is geheel en al op die werk van Christus gebaseer. Geen persoon kan geregverdig word deur die wet wat op sy hart geskryf is, of die wet wat deur Moses gegee is nie (Rom 2:24, 3:20-21). Ons is deur genade alleen, deur geloof alleen, en deur die genoegsame werk van Christus alleen, gered (Rom. 4:23-25; Ef. 2:5, 8). Dit was van die begin af God se plan.
Wedergeboorte

Ons glo dat ‘n persoon wedergebore word wanneer hy die voltooide werk van Jesus Christus aanvaar, met sy mond bely en met sy hart glo dat Jesus Christus sy Heer en Redder is (Rom 10:9-10). Hierdie wedergeboorte is die werk van die Heilige Gees, waar ‘n persoon God se nuwe lewe en ‘n transformasie in sy/haar gees ontvang (Joh. 3:3). Naas wedergeboorte glo ons dat die doop die volgende stap in ‘n persoon se geloofswandel is.
Die Doop
Die Doop
‘n Persoon moet wedergebore word om gedoop te word. Die doop is ‘n uitdrukking en daad van geloof teenoor God, waardeur ‘n persoon die reinigingswerk van Christus, wat tot ‘n skoon gewete lei, uit keuse aanvaar. In die doop verenig en vereenselwig ‘n persoon met die dood en opstanding van Jesus Christus. Net soos wat Christus vir die sonde gesterf en weer lewend geword het om ‘n lewe vir God te leef, sterf die gelowige vir die sonde en word sy ou self saam met Christus begrawe en opgewek, sodat hy vir God kan leef (Rom. 6:1-11).
Die doop vind in die teenwoordigheid van ander gelowiges plaas deur te sê: “In Jesus Naam (vgl. Kol 3:17) doop ek jou in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees”. Die doop vind plaas deur totale onderdompeling en slegs een keer (Matt. 3:16, 28:19; Mark. 1:9-10). Dit is vir ‘n gelowige slegs nodig om een keer na bekering gedoop te word. Enige gelowige wat gedoop is, kan ander doop. Babas deel nie aan die doop nie, omdat hulle nie in staat is om hulle te bekeer en hul geloof in Christus vir sondevergifnis te bely nie. Babatoewyding het een doel, naamlik om die baba voor die gemeente tot beskikking van die Here te stel (Luk. 2:22). Die ouers verbind hul daartoe om die kind in die vrees van die Here groot te maak.
Die Nagmaal
Ons glo dat die nagmaal ‘n simboliese daad van gehoorsaamheid is waartydens gelowiges van die brood eet en van die vrug van die wingerdstok drink. Hierdeur word die dood van ons Here Jesus Christus ter wille van die herstel en verlossing van die gelowige herdenk. Die brood simboliseer die liggaam van Christus wat gebreek is, en die vrug van die wynstok verteenwoordig die bloed van Christus wat vir die versoening van ons sondes gestort is (1 Kor. 11:26).

Die Heilige Gees – Die Gees van Waarheid
Ons glo die Heilige Gees is God. Hy is ook ‘n persoon, nie ‘n “krag” nie. Die Heilige Gees gaan uit van die Vader en die Seun (Joh. 14:16, 26, 15:26; Hand. 5:3-4). Hy is die beloofde geskenk van God vir Sy mense (Hand. 2:38-39) en is nou die middelpunt van die Christelike lewe:
- Hy oortuig die wêreld van sonde, geregtigheid en oordeel (Joh. 16:8).
- Hy bring volle oortuiging van die evangelie, sowel as versekering, vrede, vreugde en geregtigheid (Rom. 14:15).
- Hy bevestig dat die gelowige inderdaad ‘n kind van God is (Rom. 8:14-15).
- Hy versterk gelowiges daagliks in die hoop in Christus, en werk gedurig om goddelike karakter in gelowiges voort te bring (Heiligmaking) (Gal. 5:5, 22-25).
- Hy praat met gelowiges en lei hulle daagliks (Hand. 8:29, 13:2; Rom. 8:1-11).
- Hy gee gawes aan gelowiges, soos Hy wil, om die liggaam van Christus te dien (1 Kor. 12; Rom. 12).
Doping in die Heilige Gees
Ons glo dat die doping in die Heilige Gees ‘n gebeurtenis/daad is wat apart van die wedergeboorte en waterdoop plaasvind. Wedergeboorte gaan die doping in die Heilige Gees vooraf, maar die waterdoop kan voor óf na die doping in die Heilige Gees plaasvind. Net soos wat ons in water onderdompel word, word ons ook in die Heilige Gees onderdompel en gevul. Die vrug/bewys van die doping in die Heilige Gees kan die spreek in tale insluit. Die doping in die Heilige Gees behoort ‘n veranderde en bemagtigde lewe vir die diens van God tot gevolg te bring. Jesus is die Doper in die Heilige Gees. Hy doop mense wat begeer, vra en glo dat hulle hierdie gawe, wat vir alle wedergebore gelowiges beskikbaar is, van die Vader sal ontvang (Matt. 3:11; Luk. 3:16, Mark. 1:8; Joh. 1:33, 7:38-39; Hand. 1:8).
Geestelike Gawes
Geestelike Gawes
Die Heilige Gees is beide die eienaar en uitdeler, wat die gawes gee en uitdeel soos Hy wil. Hierdie Heilige Gees-gawes is daar vir die beswil en opbou van die liggaam van Christus. Hulle werk beide in en deur die lewens van wedergebore gelowiges onder inspirasie en leiding van die Heilige Gees. Daar is geen beperking op die gawes t.o.v. hoeveel daar is, of hoe hul uitgedeel word nie, maar die gawes word vrylik toebedeel soos die Heilige Gees wil. Die gawes moet saam met die liefde begeer en nagestreef word (1 Kor. 12:4-11,14:1-5; Heb. 2:4).
Die Kerk
Ons glo dat die Kerk van Christus wat op die dag van Pinkster, met die uitstorting van die Heilige Gees en die prediking van die Apostels ontstaan het, die gemeente van God se getroue kinders is, waar die Woord verkondig word en die sakramente bedien word, volgens die verordening van Christus. Die Kerk staan nie periferaal nie, maar sentraal tot God se doel in die wêreld. Jesus het die Kerk lief en Hy heers oor die Kerk. Hy is die hoof en die Kerk is sy liggaam, wat met sy verskeie lede en gawes volgens die wil en toebedeling van die Heilige Gees funksioneer, met die doel om die Kerk op te bou (Eph. 1:22-23, 4:7-16). Jesus is die Goeie Herder en die Kerk is Sy kudde (Joh. 10:11, 14). Ons glo ook dat die Kerk God se geestelike familie of huisgesin is (Joh. 1:12; Gal. 6:10; Rom. 12:5, Ef. 2:19), en dat die lede van die Kerk die lewende stene is wat die geestelike huis van die Here bou (1 Pet. 2:4-5).
Ons glo dat God die familie as fundamentele instelling van die Kerk en die samelewing bestem het. Ons glo dus dat die leierskapspatrone in die familie ook die leierskapstrukture in die Kerk moet weerspieël (1 Tim. 3:4). Ons glo dat lede van die Kerk kinders in God se familie is (Gal. 3:26; Ef. 5:1) en dat alle verhoudings binne God se familie in Sy liefde en insettinge gewortel moet wees. Dit is die kern daarvan om God lief te hê en Hom te ken (1 Joh. 4:7). Ons glo dat ons betrokkenheid, werk en diens in die kerk “familiewerk” is en dat dit met opofferende liefde en ‘n bly hart gedoen behoort te word, terwyl ons mekaar in dankbaarheid teenoor God, ons Vader, bemoedig. Hy is die Een wie ons navolg in alles wat ons doen (Hand. 20:35; Ef. 5:1; Fil. 2:1-3, 12-16).
Ons glo dat die kerk geroep is om te poog om die Evangelie tot aan die uithoeke van die aarde uit te brei, en dissipels van alle nasies te maak (Matt. 28:19; 1 Kor. 3:20; Ef. 4:13).