21 Gebedspunte

Begin ’n transformerende 21-dae reis van vas en gebed om weer met God se hart en missie te belyn. Hierdie plan fokus op persoonlike vernuwing, familie-eenheid, kerkgroei en nasionale herlewing. Oordink jou rol as dissipel, versterk jou geloof en aanvaar God se roeping deur middel van daaglikse gebedspunte. Verenig om Sy wil te soek, vir ander in te tree en jou toe te wy aan Koninkrykswerk wat lewens verander.

DAG 1 - Persoonlike Bekering en Vernuwing
Soek God se vergifnis en leiding om weer in lyn te kom met Sy wil en jou pad van terugkeer na Hom te begin.

Die Woord leer ons dat die Here liefdevol en genadig teenoor Sy kinders is.
Ps. 145:8: Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde. Wanneer ons sondig (die merk mis) en ons sonde in opregtheid bely, belowe Hy om ons te vergewe (1 Joh. 1:9). Ons kan met vrymoedigheid na Sy genadetroon gaan, aangesien Jesus ons met die Vader versoen het sodat ons 'n intieme verhouding met Hom kan geniet.
Gebed: Dankie, Vader, vir U genade en vergifnis. Ek bely enigiets wat tussen my en U staan (wees spesifiek). Ek ontvang U genade.
Ek onderwerp my lewe aan U en bid dat U my gedagtes en begeertes met U s’n belyn. Amen.

DAG 2 - Gesins gebed en -eenheid
Bid vir gesinne om verenig te wees in Christus en tyd te prioritiseer vir aanbidding, gebed en studie van God se Woord saam.

'n Simfonie-orkes is ‘n goeie voorbeeld van eenheid. Dit verg oefening, ‘n bewustheid van mekaar, die vermoĂ« om na mekaar te luister, op mekaar staat te maak en mekaar te vertrou. Dan kom daar 'n pragtige klank voort.
Ef. 4:2: Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.
Gebed: Vader, dankie dat ons een kan wees, soos U en Jesus een is. Mag ons as families (in die huis en kerk) geduld hĂȘ en mekaar verdra. Mag ons ons harte bewaar en in harmonie saamleef. Mag ons altyd simpatiek, liefdevol, vergewensgesind, sagmoedig en nederig wees. Ons bid U beskerming oor ons gesinne. Amen.

DAG 3 - Die Rol van Gelowiges in Nasionale Herlewing
Besin oor elke gelowige se rol om 'n nasie terug te roep na God deur gebed, getuienis en goddelike invloed.

In Johannes 10:10 sĂȘ Jesus dat Hy gekom het sodat ons lewe in oorvloed kan hĂȘ – ‘n lewe wat die wĂȘreld rondom ons beĂŻnvloed. Die beste voorbeeld van so ‘n oorvloedige lewe is die lewe van Jesus. In Jesus se Groot Opdrag aan gelowiges sĂȘ Hy dat die inwondende Heilige Gees ons in staat sal stel om instrumente van herlewing in ons daaglikse lewens te wees. Ons word geroep om invloed uit te oefen deur aanhoudend te bid en die Goeie Nuus te verkondig. Hy roep ons ook om Jesus in elke aspek van ons lewens te verteenwoordig.
Gebed: Hemelse Vader, dankie dat U my alles geskenk het wat ek nodig het om in oorvloed te lewe en U te dien (2 Pet. 1:3). Amen.

DAG 4 - Groei in Dissipelskap
Streef na 'n dieper verbintenis om Jesus te volg, Sy weë te leer en 'n dissipel te wees wat ander beïnvloed.

Die "Wat Sou Jesus Doen"-armbande herinner ons aan die voorbeeld wat Jesus vir ons op aarde gestel het. Dit is nie genoeg om te sĂȘ dat ons in Jesus glo nie; Hy roep ons om vanuit ‘n intieme verhouding met Hom, aktief in Sy voetspore te volg en daagliks van Hom te leer. Dit verg dat ons ons vleeslike begeertes prysgee en Hom as ons liefdevolle Meester gehoorsaam.
Matt. 16:24: Toe sĂȘ Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloĂ«n en sy kruis opneem en My volg.
Gebed: Vader, ons bid dat ons Jesus getrou sal volg en in U weë wandel. Mag ons ware dissipels wees en ook dissipels van ander maak (Matt. 28:19-20). Amen.

DAG 5 - Die Fondasie van ’n Koninkryk Gemeenskap
Bid vir die kerk om te groei as 'n Woordgebaseerde, liefdevolle Koninkryk gemeenskap wat almal verwelkom wat na God soek.

Ons visie by Lewende Woord is die vestiging van 'n liefdevolle, Woordgefundeerde Koninkryksgemeenskap. Ons het mekaar lief omdat God liefde is (1 Joh. 4:8) en Hy ons eerste liefgehad het (Joh. 3:16). Ons wil Hom en mekaar van harte liefhĂȘ (Matt. 22:37-39). Ons is “Woordgefundeerd”, omdat ons glo dat die hele Skrif “deur God geĂŻnspireer” (2 Tim. 3:16) en dus die grondslag van ons geloof, woorde en dade is. As 'n "Koninkryksgemeenskap" is ons hart dat mense van alle agtergronde gemeenskap in ons kerkfamilie sal vind en dat ons ons verbintenis met die groter Liggaam van Christus sal verstaan ​​(1 Pet. 1:22). 
Gebed: Vader God, ons bid dat Lewende Woord sal groei om 'n ware liefdevolle, Woordgefundeerde Koninkryksgemeenskap te word wat alle mense verwelkom. Mag ons U altyd goed verteenwoordig. Amen.


DAG 6 - Gebed vir Ons Leiers
Bid vir kerk- en nasionale leiers om deur wysheid, deernis en die waarheid van God se Woord gelei te word.

Alle gesag is deur God ingestel (Rom. 13:1) en die Woord leer ons om vir almal in gesagsposisies in te tree. Dit behaag die Here wat wil hĂȘ dat alle mense gered moet word! 1 Tim 2:1-2: Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, 2 vir diĂ© wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.
Gebed: Vader, vandag bid ons vir alle leiers en gesagsfigure in ons land en wĂȘreldwyd, om met Goddelike liefde en wysheid te regeer en tot geloof in Christus te kom. Amen.

DAG 7 - Geloof en Gehoorsaamheid in Aksie
Fokus daarop om 'n "doener van God se Woord" te wees, wat geloof uitleef deur gehoorsaamheid en diensbaarheid.

Die Here roep ons nie net om die Woord aan te hoor, te bestudeer en te oordink nie, maar om dit daagliks in ons lewens toe te pas.
Jak. 1:21-22: 
 ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red. En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
Gebed: Dankie, Heilige Gees, dat U ons Helper is. Lei ons en gee ons die genade om daders van U Woord te wees. Mag ons lewens getuig van ware geloof waardeur ons U vertrou én gehoorsaam. Amen.

DAG 8 - Evangelisasie in die Alledaagse Lewe
Omhels die roeping om “vissers van mense” te wees, en reik in liefde en deernis uit na diegene wat die evangelie nodig het.

Elke oggend wanneer jy wakker word, dank die Here vir Sy volmaakte werk aan die Kruis. Vra die Heilige Gees om jou deur die dag te lei om teenoor ander te getuig van Jesus se liefde, goedheid en guns. Laat jou lewe ‘n getuienis wees waar jy ook al gaan.
1 Pet. 3:15: 
Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe...
Gebed: Dankie, Jesus, vir elke geleentheid wat ek het om te kan getuig. Lei my asb. vandag na die mense wat U nodig het en om hulle na U te lei. Amen.

DAG 9 - Vestiging van Sterk Konneksie Groepe
Bid vir konneksie groepe om plekke van aanmoediging, geestelike groei en egte gemeenskap te wees.

Die doel van ons konneksiegroepe is om ‘n veilige ruimte te skep waar gelowiges opregte vertrouensverhoudings kan bou en mekaar kan bemoedig en aanspreeklik hou in ‘n proses van geestelike groei en dissipelskap. In ons verhoudings met mekaar moet ons altyd streef om die band van vrede en eenheid te bewaar (Ef. 4:3), die waarheid in liefde te praat (Ef. 4:15), en mekaar op te bou.
1 Thess. 5:11: Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
Gebed: Vader, ons bid dat ons konneksiegroepe in Lewende Woord gekenmerk sal word deur wedersydse vertroue, eenheid en aanspreeklikheid. Mag ons mekaar liefdevol aanmoedig om, volgens U perfekte plan, tot geestelike volwassenheid in Christus te groei. Amen.

DAG 10 - Toerusting van die Heiliges deur die Vyfvoudige Bediening
Soek God se seën op die kerk se herders, leraars, evangeliste, profete en apostels om die liggaam vir bediening toe te rus.

Die Here het bedoel dat die apostels sal regeer, die profete rigting aanwys, die evangeliste versamel, die herders versorg en die leraars die Kerk in Sy waarheid anker. Hoekom? Sodat God se mense geestelik volwasse kan word en toegerus kan wees vir dienswerk. Ons word geroep om vir hierdie bedienaars te bid!
Ef. 4:11-14: En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars ... om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus.
Gebed: Vader, ons bid U seën, genade, wysheid en beskerming oor alle bedienaars. Mag hulle getroue rentmeesters wees wat U koninkryk soek, terwyl hulle die Liggaam van Christus met liefde toerus. Amen.

DAG 11 - Kweek 'n Missionale Gesindheid
Bid vir ’n hart wat elke ontmoeting as ’n geleentheid sien om Christus se liefde na ander te bring.

In die 1880’s het CT Studd groot roem as 'n krieketspeler verower. Hy het van die geloof begin afvallig raak en besef dat die dinge van die wĂȘreld vir hom belangriker geraak het as die eer van Christus. Hy het sy rykdom prysgegee om 'n sendeling te word en wou almal met wie hy in aanraking gekom het, bedien. Hy het gesĂȘ: "Some want to live within the sound of church
bell; I want to run a rescue shop within a yard of hell." Beskou jouself as die laaste geleentheid wat ander mense ooit sal hĂȘ om Jesus te ontmoet. Mag almal wat jou teĂ«kom, wegstap met die wete dat hulle iemand ontmoet het wat Hom opreg verteenwoordig (1 Pet. 3:15).
Gebed: Here, skep in my 'n hart en 'n passie vir die mense wat U nie ken nie. Mag my lewe Jesus verkondig en mag hulle U liefde deur my ervaar. Amen.

DAG 12 - Versterking van Gesinne as Geestelike Fondasies
Bid dat gesinne die fondament van geloof sal wees en die volgende generasie sal leer om God te ken en lief te hĂȘ.

Gesinne is waar geloof wortel skiet en waar harte versorg word om in liefde, goedhartigheid en sterkte in die Here te groei. Deur mekaar van Christus se liefde te leer en geestelike groei aan te moedig, kan gesinne 'n vaste fondament van geloof word wat die uitdagings van die lewe weerstaan. Kom ons verbind ons daartoe om ons huise plekke te maak waar God se waarheid en genade daagliks gedeel word.
Jos. 24:15: “...maar ek en my huis, ons sal die Here dien.”
Gebed: Here, help ons gesin om 'n fondasie van geloof en liefde te wees. Lei ons om mekaar te ondersteun en aan te moedig, en vir ons jonger generasie ‘n voorbeeld te stel, soos wat ons nader aan U groei. Amen.

DAG 13 - Omhels Ons Identiteit in Christus
Besin oor wie ons in Christus is en hoe ons identiteit ons doel en invloed vorm.

Elkeen wat in Jesus glo, ontvang ‘n nuwe identiteit: ons word geestelik weer gebore en sterf vir die ou, sondige natuur. Ons word kinders van God en deel van Sy familie. Hy noem ons die liggaam en bruid van Sy Seun, Jesus Christus! Ons is verlos, vrygespreek en vry van alle bindings en veroordeling.
Rom. 8:16-17: Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is
erfgename van God en mede-erfgename van Christus

Gebed: Heilige Gees, openbaar asseblief aan ons wie ons in Christus is. Mag ons die hoop van ons roeping en die ware krag van ons identiteit en erfenis in Christus verstaan. Amen.

DAG 14 - Eenheid binne die Liggaam van Christus
Bid vir eenheid binne die kerk, dat elke lid saamwerk tot eer van God en Sy sending.

Aangesien die Godheid (Vader, Seun en Heilige Gees) volkome in Homself verenig is, is dit Sy perfekte wil dat Sy Liggaam, die Kerk, met Hom en met mekaar verenig sal wees. Kort voor Jesus se kruisiging het Hy gebid dat al Sy dissipels deur die eeue “een mag wees” (Joh. 17:21). Eenheid is duidelik 'n top-prioriteit op God se prioriteitslys! Paulus beklemtoon ook hierdie idee in die volgende vers.
Ef. 4:3: LĂȘ julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.
Gebed:Vader God, ons bid vir eenheid binne die Kerk. Mag elke deel van die Liggaam saamwerk om U te verheerlik. Amen.

DAG 15 - Geestelike Gawes en Roeping

Soek die Here se leiding om geestelike gawes te ontdek en te gebruik vir Sy doeleindes en om ander te seën.

Die Heilige Gees binne ons wil Homself uitdruk. Hy wil ons met bonatuurlike dinge seĂ«n en wil hĂȘ dat ons in geestelike gawes moet wandel en groei as 'n getuienis van wie Hy is.
Rom 12:6: Ons het verskillende gawes, volgens die genade wat aan elkeen van ons gegee is... God het 'n plan vir hierdie wĂȘreld en vir elke individu. Paulus gebruik die beeld van die liggaam om die verskillende gawes, rolle en roepings wat elke lid van die liggaam het, te illustreer. Ontdek jou roeping in die Here en begin jou geestelike gawes ontwikkel om daardie roeping te vervul.
Gebed: Here, openbaar aan my U roeping op my lewe. Mag ek u doel vir my lewe vervul. Ek bid dat U groter geestelike gawes deur my vrystel. Mag ek in U gawes wandel om u bonatuurlike krag en liefde ten toon te stel. Amen.

DAG 16 - Deernis en Diensbaarheid in Ons Gemeenskap
Bid vir 'n hart van deernis en 'n bereidwilligheid om diegene rondom ons in nood te dien.

Ons is die meeste soos Jesus wanneer ons liefde en deernis aan ander betoon. Hetsy ons geroep word om te bid, te genees of te dien, dit is medelye wat ons tot aksie laat oorgaan.
Deernis het die onvermydelike wonderwerkende krag van God deur Jesus aan die gang gesit.
Markus 1:41: En Jesus het vir hom innig jammer gevoel en die hand uitgesteek en hom aangeraak

Gebed: Here Jesus, gee ons U hart van deernis vir U mense. Help ons om ander van harte lief te hĂȘ en te dien soos U Woord ons leer. Heilige Gees, lei ons daagliks om na diegene uit te reik wat U liefde nodig het. Amen.

DAG 17 - Krag en Vrymoedigheid in GetuienisBid vir moed om die evangelie te deel en vrymoedig te getuig van God se goedheid.

Net soos die vroeë dissipels dreigemente van tronkstraf en dood in die gesig gestaar het omdat hulle van Jesus getuig het, kan ons ook teëstand ondervind. Mense beleef vandag nog vrees vir verwerping, vervolging en die verlies van werksekuriteit omdat hul Jesus verkondig. Wanneer ons egter vir Jesus vra, sal Hy ons dapper maak. In ons swakheid word Sy krag volbring.
Hand. 4:29-30: En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat 
 daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.”
Gebed: Vader, mag ons op U vertrou en nie toegee aan die wĂȘreld se intimidasie nie. Mag ons kragtige getuies word wat met vrymoedigheid oor Jesus praat. Mag ons tekens en wonderwerke aanskou wat die waarheid van die Evangelie bevestig. Dankie dat ons as oorwinnaars in Christus sal lewe! Amen. 

DAG 18 - Verantwoordbaarheid en Groei in Konneksie Groepe
Fokus daarop om vertroue en verantwoordbaarheid in konneksie groepe te bou om geestelike volwassenheid te bevorder.

Konneksiegroepe vorm deel van God se plan vir die Liggaam van Christus om met Hom en met mekaar in verhouding te staan Die 120 dissipels wat die Heilige Gees op Pinksterdag ontvang het, kon van 3000 nuwe bekeerlinge dissipels maak, omdat hulle nie net in die tempel bymekaargekom het nie, maar ook in kleiner groepe ontmoet het. Hand. 2:46: “En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek...” Gebed: Vader, ons bid dat ons in ons konneksiegroepe opregte vertrouensverhoudings sal bou, mekaar in liefde aanspreeklik sal hou, en tot geestelike volwassenheid sal groei. Amen.

DAG 19 - Genesing en Herstel vir Individue en Gesinne
Bid vir God se genesende aanraking oor gebroke lewens, verhoudings en gesinne.

Gebed en vas bring ons nader aan God en help ons om sy genesende krag te ervaar.
Wanneer ons met nederigheid voor Hom kom, ontmoet Hy ons in ons gebrokenheid en bring herstel in ons harte en gesinne. Deur te vas gee ons ons behoeftes en begeertes aan die Here oor en stel ons onsself oop vir sy transformerende werk. Soos ons Hom soek, hoor Hy ons smeking vir genesing en heelheid.
Ps. 147:3: Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde.
Gebed: Vader, ons vertrou U vir genesing en herstel in ons eie lewens en ons gesinne. Raak ons lewens aan, herstel gebroke verhoudings, en bring U vrede. In Jesus se Naam, Amen.

DAG 20 - ’n Hart vir Gebed en Voorbidding
Groei in 'n liefde vir gebed en vra God om ons te leer om vir ons kerk, gemeenskap en nasie in te tree.

Gebed is gemeenskap met God. As ons verstaan ​​dat verhouding die hart van Christenskap is, sal ons ook 'n hart vir gebed hĂȘ. Tog is dit so dat ons dikwels min tyd in gebed deurbring. Ons kan slegs die vermoĂ« ontwikkel om gehaltetyd saam met die Here deur te bring, Sy aangesig te soek en Sy stem te hoor, as ons doelgerig daarvoor tyd maak. “Voorbidding” (intercession) is nie net 'n sinoniem vir gebed nie. Dit beteken om in die gaping te staan. Wanneer daar 'n gaping tussen ‘n persoon in nood en die Here is, moet 'n voorbidder opstaan.
Hetsy die persoon in nood die Here nie ken nie of te swak voel om te bid, ons voorbidding bring hulle behoeftes voor ons genadige, barmhartige Vader. (Rom. 8:26-27)
Gebed: Here, skep in my ‘n verlange om tyd in U teenwoordigheid deur te bring. Mag ek deur ons verhouding, in kragtige voorbidding, die behoeftes van ander aan U opdra. Amen.

DAG 21 - Toewyding van Ons Lewens aan God se Koninkrykswerk
Sluit af deur elke deel van ons lewens aan Sy sending toe te wy en te verklaar: “Hier is ek, Here, stuur my.”

Wanneer ons verstaan ​​dat ons ambassadeurs van Christus is, dan erken ons dat Hy die Koning en Meester van ons lewens is. Ons is die lig en sout van die wĂȘreld as Jesus se verteenwoordigers op aarde. Daarom kan ons elke aspek van ons lewens aan Sy koningskap oorgee om deur Hom gebruik te word.
2 Kor. 5:20: Ons tree dan op as gesante ter wille van Christus
 Ons pleit by julle, om Christus ontwil: Laat julle met God versoen!
Gebed: Vader, dankie vir die voorreg dat ek 'n ambassadeur van Christus kan wees. Ek onderwerp my aan U as my Here. Ek gee elke area van my lewe aan U oor. Hier is ek, Here. Stuur my en mag my lewe U verheerlik! Amen.